top of page

Die wêreld van werk

Verskillende opsies vir skoolverlaters
Holland se loopbaankategorieë
Die vereistes wat naskoolse studie stel

Verskillende opsies vir skoolverlaters

Moet ek studeer?

Die opsie van studeer in die hoop dat jy iewers langs die pad gaan agterkom wat jy eintlik wil word, het groot finansiële implikasies, sê Anne. “As jy nie die regte kursus volg nie en dalk swak doen omdat jy nie so entoesiasties daaroor voel nie, kan dit ook later tot probleme met hertoelating lei. Geen tersiêre instelling gaan toelaat dat jy aanhou studeer as jy swak vaar nie. Dis beter om eerder ’n oorbruggingsjaar te doen as jy onseker is.”

 

’n Oorbruggingsjaar?

’n Oorbruggings jaar is nie vir almal nie, sê Anne. “Baie kinders vat ’n oorbruggingsjaar, maar doen niks konstruktiefs daarmee nie. Vir ’n oorbruggingsjaar om waardevol te wees, moet jy iets sinvols doen, byvoorbeeld deur ’n jaarkursus te doen of in ’n bedryf te gaan werk waarin jy moontlik belangstel. As jy ’n kursus doen, moet dit ook nie iets wees net om die tyd verby te kry nie, maar iets wat jy kan gebruik al studeer jy op die ou end iets heeltemal anders. As jy oorsee gaan, behoort dit met ’n spesifieke doel in gedagte te wees, soos om te au pair as jy onderwys oorweeg.”

 

Oorsee gaan?

Dis nie vir alle kinders ’n wenslike opsie om oorsee te gaan nie, sê Anne. “Nie almal is volwasse genoeg om op hulself aangewese te wees nie en natuurlik raak dit al moeiliker om oorsee werk te kry. Daar is ook ’n finansiële implikasie.

Net so kry jy mense wat vir net ’n jaar oorsee gaan en dan nooit gaan studeer nie, want hulle haak daar vas. Vir ’n kind wat ’n droom het om te gaan en nog onseker is oor wat hy wil studeer, kan dit baie goed werk. Die ander opsie is natuurlik om eers te studeer en dan oorsee te gaan, want dan kan jy meer verdien.”

 

Eers gaan werk?

Daar is baie mense wat “net eers” gaan werk omdat hulle nie kan besluit wat om te studeer nie en dan uiteindelik nooit by studeer uitkom nie omdat hulle aan die inkomste en lewenstyl gewoond raak, vertel Anne.“ ’n Mens moet dan na die statistieke kyk: ’n Tersiêre kwalifikasie gaan vir jou twee goed beteken: eerstens sal dit jou kanse om werk te kry verbeter en tweedens gaan dit jou inkomstepotensiaal verbeter.”

 

Universiteite:

-NWU Pukke

-TUKS

-UJ

-UCT

-KOVSKIES

-CUT

-UNISA

 

Holland se loopbaankategorieë

Ondernemende

Die tipes loopbane streef daarna om mense te beïnvloed, uit te voer, te oorreed en te lei. Moontlike loopbaan areas: Enige vorm van bestuur, bemarking en verkope.

 

Konvensionele

Die poste behels die volgende: werk met data, klerklike take of numeriese vermoë, die uitvoering van dinge in detail of volgens die instruksies. Moontlike loopbaan areas: kantoor werk en klerklike werk.

 

Sosiale

Sosiale tipes poste wil werk doen wat iemand kan help, mense in te lig,, anders mense te leer. Moontlike loopbaan areas: Onderwys, gesondheidsorg, gasvryheid en sosiale dienste.

 

Realistiese

Die poste vereis meganiese vermoëns. Werk met masjiene, voorwerpe, gereedskap, plante of diere of in die buite lug te werk. Moontlike loopbaan areas: landbou, konstruksie, voedsel dienste, IT, vervaardiging, meganiese of elektriese werk en vervoer.

 

Kunste

Artistiese poste wil werk doen in ongestruktureerde omgewings en goed doen op maniere wat artistieke, innoverende en intuïtiewe vermoëns betrek. Moontlike loopbaan areas: joernalistiek,  uitvoerende kunste en visuele kunste.

 

Ondersoekende

Die poste vereis om te leer, te ondersoek, te analiseer, te evalueer en probleme op te los. Moontlike loopbaan areas: ingenieurswese, medies, natuurwetenskappe en sosiale wetenskappe.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die vereistes wat naskoolse studie stel

Suid-Afrika se Nasionale Kwalifikasie Raamwerk [NKR] erken drie breë bande van onderwys: Algemene onderwys en opleiding, Verdere onderwys en opleiding en Hoer onderwys en opleiding.

 

Hoër onderwys en opleiding of tersiêre onderwys vir voorgraadse en nagraadse sertifikate en diplomas lei tot op doktorsgraad vlak.

 

'n Matrieksertifikaat word benodig vir verdere studies en opleiding by 'n universiteit met 'n minimum van drie vakke wat aan hoer eerder as standaard vereistes voldoen. Sommige universiteite het bykomende akademiese vereistes waaraan toekomstige studente moet voldoen.

 

'n Standaard eindeksamen, Suid Afrikaanse Senior Sertifikaat is voldoende vir tegniese kwalifikasies en diplomas. Suid Afrika het 'n verskeidenheid hoer onderwys sektore, met 23 Staats befonds tersiêre instansies. Dit bestaan uit 11 universiteite, 6 universiteite van tegnologie en 6 omvattende instansies. Daar is ook twee instansies vir hoer onderwys, die Noord- Kaap Nasionale instituut vir Hoer Onderwys en die Mpumalanga Nasionale instituut vir Hoer Onderwys.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

© 2023 by UNIVERSITY OF LIFE. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Round
  • Twitter Round
  • YouTube Round
  • Google Round
  • LinkedIn Round
bottom of page