
Leeruitkomste van die Senior fase
Die Nationale Kurrikulumverklaring van Senior Fase is op die
volgende leeruitkomste gebaseer:
-
Sosiale transformasie: Dit verseker dat onderwys ongelykhede van
die verlede aangepak word en dat gelyke onderwys geleenthede aan alle
sektore van die bevolking voorsien word.
-
Aktiewe en kritiese leer: Dit moedig 'n aktiewe en kritiese benadering tot
leer aan eerder as om te leer sonder om te begryp, en nie kritiese leer
van gegewe waarhede.
-
Hoë kennis en hoë vaardighede: Dit is die minimum standaarde vir
die kennis en vaardighede wat in elke graad verwerf moet word,
word gespesifiseer en stel hoë, bereikbare standaarde in alle vakke.
Die Nationale Kurrikulumverklaring vir Senior fase stel in die
vooruitsig dat leerders die volgende kan doen:
-
Identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese
en kreatiewe denke;
-
Werk doeltreffend saam met ander as lede van 'n span, groep,
organisasie en gemeenskap;
-
Organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik
en doeltreffend;
-
Versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities;
-
Kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en / of taalvaardighede
in verskillende vorme;
-
Gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon; en
-
Begryp die wêreld is 'n stel verwante stelsels waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie.
Die lesplan in LO
-
Hoe het die leerders die leeruitkomste bemeester en hoe het ek bepaal dat die leerders die leeruitkomste bemeester het.
-
Watse leerders sukkel om die leeruitkomste te bemeester? Wat kan die rede wees? Moet ek ander leer strategieë gebruik?
-
Was die klas en huiswerk wat gegee was aan die leerders suksesvol voltooi? Het ek die leerders se verskillende leer metodes in ag te neem? Is dit in konteks met die les uitkomste en tema?
-
Het ek 'n verskeidenheid klas en huiswerk aktiwiteite gebruik?
-
Het ek 'n verskeidenheid vrae gevra?
-
Het ek al die leerders vrae gevra oor die werk of het ek net sekere leerders gevra wat altyd eerste antwoord?
-
Het my assesserings aktiwiteit ooreengestem met my klasaktiwiteit en my leeruitkomste?
-
Was my leer materiaal interessant en gepas vir my les uitkomste? Het ek 'n verskeidenheid leer materiaal gebruik?
Bloom’s se taksonomie
Leerders se ontwikkeling word bepaal deur die onderwyser wat konstant die leerders stimuleer deur hulle verwagtinge te oorskry.
-
Fasiliteer kommunikasie
-
Fasiliteer beplanning
-
Handel hoofsaaklik oor beskrywings sonder direkte waardes
-
Skep die basis van kriteria vir assessering
Dit is belangrik om te onthou dat die taksonomie nie gebruik word om die onderwyser se werk van maklik tot moeilik te kategoriseer nie. Dit is belangrik vir die onderwyser om die werk wat teoreties behandel word ook prakties te implementeer wanneer die leerders onderrig ontvang.
Assessering LO
Assessering word geïmplementeer om deurlopend leerders se prestasie te identifiseer, te versamel en te vertolk. Die vier stappe van assessering is as volg:
-
Die ontwikkeling en versameling en bewyse van prestasie.
-
Evaluering van die bewyse
-
Rekordhouding van die bevindinge
-
Die gebruik van hierdie inligting om die leerders se ontwikkeling te verstaan en te ondersteun.
Projekte
Projekte word aan die leerders gegee om hulle kennis, vaardighede en waardes te toets en dit sal lei tot bevoegdheid van die inhoud wat geleer is. Daar word vereis dat die leerders uitgebreide lees en skryfwerk sal doen om die werkstuk te voltooi. 'n geselekteerde onderwerp word aan die leerders gegee en hulle moet deeglik met behulp van bronne inligting versamel en die projek voltooi. Die navorsing moet by die huis gedoen word en saam gebring word klas toe. Die onderwyser sal dien as die fasiliteerder tydens die voltooiing van die projek.
Daar moet 'n tema gegee word vir die leerders wat geselekteer is uit die ‘CAPS’ dokument en vereistes moet duidelik gestel word aan die leerders.
Ontwerp en vervaardiging
Daar word van leerders verwag om 'n mondelingse aanbieding te doen en skriftelike bewyse te lewer van die aanbieding. Die leerders moet met die geselekteerde onderwerp die mondeling ontwerp volgens hulle persoonlikheid en hoe hulle dit wil aanbied. Daar kan items vervaardig word om die onderwerp uit te beeld bv. Plakkate, prente, foto’s, diagramme of grafieke mag gebruik word.
Geskrewe take / werksopdragte
Geskrewe take en werksopdragte sal fokus op spesifieke inhoud en dit sal bepaal word deur die inhoud wat volgens die jaarlikse onderrigplan gedek is. Daar sal verwag word van die leerders om hulle begrip van die kennis wat hulle geleer het te demonstreer deur te lees en te skryf asook om die kennis en vaardighede toe te pas.
Praktiese demonstrasie
Praktiese demonstrasie sal verwys na 'n aanbieding deur die leerders kan individueel of in 'n groep wees, waar die leerders hulle kennis tot dus ver prakties aanbied. Dit sal voor mede leerders en die onderwyser gedoen word. daar kan ook 'n debat tussen die leerders gedoen word wat gaan fokus op probleemoplossing en/of besluitneming, kritiese en kreatiewe denke, die maak van voorstelle en toepassing van hulle kennis.
Aksienavorsing
Leerders doen in diepte navorsing oor 'n sekere onderwerp. Die vereiste is wel dat leerders net akademiese en betroubare bronne mag gebruik. Daar mag van hulle verwag word om aanhalings vanuit die bron oor te dra, te analiseer en moontlike voorstelle te maak.
Koöperatiewe leer
Onderrig verbeterings word nie net op die leerders gemik nie, maar ook op onderwysers om met diverse leerders te kan werk en elke leerders se leer strategieë te kan ontwikkel. Koöperatiewe leer word nie net in die skool gebruik nie maar ook in ons gemeenskap.
Volgens John Dewey [1916] is koöperatiewe leer gebaseer op die beginsel om demokrasie in skole te bevorder om leerders te help om goeie inwoners van die land te wees. Die leerinhoud en take wat verrig word deur die leerders moet oorvleuel met mekaar en altyd in konteks gehou word. koöperatiewe leer vereis dat geen een leerder meer werk doen as 'n ander nie. Elke leerder word dieselfde behandel as 'n ander. Dit word nie as 'n uitweg gegee vir onderwysers wat nie hulle werk doen nie.
Voor – en nadele van koöperatiewe leer [groepwerk]
Voordele: dit is 'n goeie alternatief vir 'n individuele kompeterende model. Deur om in groepe te werk kan elke leerder voordeel trek uit al die lede van die groep se deelname. Leerders wat meer sukkel as ander leerders kan baat uit groep werk vir die ondervinding en die kans om te leer by ander leerders te metodes van werk te verrig. Dit bevoordeel dat leerders aktief deelneem.
Nadele: leerders kan benadeel word wanneer ander leerders nie almal se leer metodes in ag neem nie. Leerders kan emosioneel betrokke raak en ander leerders emosioneel af kraak.
Elemente van koöperatiewe leer [groepwerk]
-
Individuele verantwoordelikheid
-
Sosiale ontwikkeling
-
Groep ontwikkeling
-
Leerder tot leerder interaksie
Wenke vir effektiewe groepwerk
-
Ontwikkel individuele leerders se persoonlikhede
-
Help leerders om met diverse leerders te kan werk
-
Help lae en hoe orde leerders om saam te kan werk
-
Leer leerders om werk op te verdeel en saam te sit aan die einde
Ervaringsleer
Leerders in 'n span voltooi aktiwiteite totdat elke leerder in die groep die werk volledig verstaan.
Die leerders moet gedurig terug voering gee aan die onderwyser en klas om vordering te toon.
Sekere leerders se sterk punte word ontwikkel in die groep deur vir hulle take te gee waarin hulle beter is as ander leerders.
LO AS VAK
