top of page

Oorlewingsgids

Lewensvaardighede vir 'n onderwyser

Lewensvaardighede waaroor die goeie onderwyser moet beskik

 

  • Geduld

  • Eerlikheid

  • Lojaliteit

  • Behulpsaam

  • Hardwerkend

  • Objektief

  • Regverdig

  • Eensgesind

  • Onpartydig

  • Kreatiwiteit

  • Georganiseerd

 

Hier is 'n paar video's vir u om te kyk om te help met van die vaardighede waaroor u moet beskik:

Life Skills for Teachers: Creativity

Life Skills for Teachers: Getting Organised  

Life Skills for Teachers: Self-awareness  

Klasdissipline

Klasdissipline

 

  • Stilte wanneer die onderwyser praat

  • Geen eet/dring goed in klaskamer

  • Gooi Rommel in die asblik

  • Wanneer die leerder iets wil vra of se moet hy/sy hulle hand opsteek

  • Tel stoele op wanneer dit ingeskuif word

  • Geen musiek mag gespeel word nie

  • Geen leerder peuter aan die onderwyser se persoonlike goed nie.

  • Elkeen sit op hulle eie bank in alfabetiese volgorde

  • Geen selfone

  • Moet elke dag al jou boeke in die klas he

  • Skooltasse moet netjies in n ry gepak word

  • Korrekte skooldrag moet gedra word ten alle tye

 

Hier is 'n paar video's vir u om te kyk om te help met die klasdissipline:

 

Classroom Management and Discipline, Part III:Dealing with Difficult and Challenging Students

Classroom Discipline Techniques - 12 Tips

Maintaining Discipline

Selfsorg vir hardwerkende onderwysers

Selfsorg vir die hardwerkende onderwyser

 

ATKV-Natalia Strandoord, sowat 40 km suid van Durban, is ’n tropiese lushof met skitterwit strande en saffierblou see waar die klimaat heeljaar lank saamspeel om jou droomvakansie ’n werklikheid te maak.

ATKV-Natalia beskik oor ’n verskeidenheid akkommodasie-opsies soos ruim, gesellige selfsorg-woonstelle in verskeie groottes en staanplekke in ’n skaduryke woonwapark met eersteklas geriewe.

Benewens die puik ontspanninggeriewe op die oord, word Natalia deur volop toeriste-aantreklikhede en besienswaardighede in die omgewing omring.

Boonop spog ATKV-Natalia met konferensiefasiliteite uit die boonste rakke wat tot 400 persone vir besigheidsbeplanning, en selfs skoolgroepe, kan akkommodeer.

Semi-finalis in die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Woonwa- en kampeerplekke.

Net buite Bela-Bela, skaars 90 minute se ry van Johannesburg af, lê ATKV-Klein-Kariba in een van die pragtigste valleie in die Waterberge. Dié sieraad van ’n vakansie-oord se ryke verskeidenheid akkommodasie word deur egte Bosveld-gasvryheid gerugsteun.

Gaste se gerief word verder verseker deur ontspanningsgeriewe van gehalte en puik fasiliteite soos ’n restaurant met ’n kitskos-afdeling, ’n goed-toegeruste winkel en opwindende aktiwiteite. Boonop lê Klein-Kariba op die Bosveld-toeristeroete wat as perfekte middelpunt vir verskeie dagtoere dien.

Groepe van tot 700 kan in ATKV-Klein-Kariba se gevorderde konferensiefasiliteite akkommodeer word terwyl die vreedsame landelike stemming bydra tot vernuwende denke en verbeeldingryke spanbou. Ons staan ook bekend as bruilofslokaal van formaat, waar ’n bekoorlike klipkapel as aanloop tot ’n betowerende waterval- of bostroueseremonie dien.

ATKV-Klein-Kariba – ware gasvryheid by die sieraad van die Bosveld!

ATKV-Hartenbos is op die natuurskone Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth geleë, sowat 40km van George-lughawe en 8km van Mosselbaai af.

’n Bekostigbare gesinsvakansie by die see word deur ATKV-Hartenbos se verskillende akkommodasie-opsies gewaarborg, aangesien jy per eenheid en nie per persoon betaal nie.

Benewens die talryke aktiwiteite en puik ontspanningsgeriewe, beskik die oord oor ’n geriefswinkel en restaurant met kitskos-afdeling wat ’n droomvakansie verseker.

ATKV-Hartenbos dien ook as die ideale vertrekpunt vanwaar ’n mens jou vakansie meer boeiend kan maak deur besoeke aan talle besienswaardighede in die omgewing.

Met konferensiefasiliteite wat tot 1 000 persone kan huisves, is ATKV-Hartenbos die perfekte keuse vir ’n besielende konferensie of spanbou.

© 2023 by UNIVERSITY OF LIFE. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Round
  • Twitter Round
  • YouTube Round
  • Google Round
  • LinkedIn Round
bottom of page