
Gemeenskapsgesondheid: Cholera, TB , Ebola , HIV ,Leefstylsiektes
Cholera
Wat is Cholera?
Cholera is ʼn siekte wat veroorsaak word deur bakterieë ,Vibrio cholera.
Cholera kan gekry word wanneer ʼn persoon vuil of stil staande water drink.
Simptome van Cholera
-
Naarheid/ Braking
-
Onreëlmatige hart tempo
-
Droë vel/ vel is minder elasties.
-
Produksie van min tot geen speeksel
-
Lae bloeddruk
-
Dorsheid
-
Spier krampe
-
Rusteloosheid.
Behandeling van Cholera
-
Sink aanvullings
-
Antibiotika
-
Rehidrasie (ORS, oral rehydration salts)
Tuberkulose (TB)
Wat is TB?
TB is ʼn hoogs aansteeklike siekte wat ʼn persoon se longe aanval, TB word oorgedra in die lug soos wat ʼn geaffekteerde persoon hoes of nies. TB kom in twee fases voor nl. Latente TB wat beteken die persoon geïnfekteer is maar Latente TB is nie aansteeklik nie en die persoon ervaar geen simptome nie, daar is ʼn geskatte nommer van twee biljoen mense wat Latente TB het. Indien Latente TB nie behandel word nie kan dit om sit in Aktiewe TB, hierdie kondisie van TB maak n persoon siek en wissel van persoon tot persoon wanneer simptome begin sommige persone se simptome begin slegs n paar dae of weke na die persoon geïnfekteer word ander persone se simptome kom eers n paar jaar na die persoon geïnfekteer is.
Simptome van aktiewe TB
-
Hoes wat vir langer as drie weke duur.
-
Die verskyning van bloed as n persoon hoes.
-
Pyne in bors area, pyne wanneer die persoon asem haal of hoes
-
Gewig verlies
-
Koors
-
Moegheid
-
Nag sweet
-
Verlies van eetlus
-
Koue koors
Behandeling van TB
Tb word met antibiotika behandel vir n tydperk van ses tot nege maande afhangend van die persoon se ouderdom, gesondheid, weerstand teen medikasie, en fase van TB ( aktief of Latente TB)
Medikasie vir TB sluit in:
-
Isoniazid
-
Rifampin (Rifadin, Rimactane)
-
Ethambutol (Myambutol)
-
Pyrazinamide
Ebola
Wat is Ebola?
Ebola is ʼn virus wat in die meeste gevalle in sterfte eindig. Ebola word verkry wanneer ʼn persoon wilde diere eet byvoorbeeld vlermuise en ape. Ebola is hoogs aansteeklik en word oorgedra deur menslike aanraking. Ebola word veral gevind in Wes-Afrika waar naastenby 50% van die gevalle in sterfte op eindig.
Simptome van Ebola
-
Koors
-
Moegheid
-
Hoofpyne
-
Keelseer
-
Braking
-
Diarree
-
Uitslag
-
Verswakte nier en lewer funksie
-
In sommige gevalle in-en-uitwendige bloedig ( vanaf tandvleise ens.)
Behandeling van Ebola
Pasiënte word behandel teen dehidrasie maar daar is nog geen kuur vir Ebola nie.
MIV/VIGS
Wat is MIV/VIGS?
MIV- Menslike Immuniteit Virus, is ʼn virus wat ʼn persoon se wit bloed selle aanval wat dit vir die persoon baie gevaarlik maak om enige ander infeksie te kry omdat dit die wit bloedselle is wat sulke infeksies beveg. MIV word versprei deur liggaamlike vloeistowe soos bloed en sperm.
VIGS- Verwronge Immuniteit Gebrek Sindroom, tree in na MIV wanneer die immuunstelsel so verswak het dat daar geleentheid is vir opportunistiese infeksies en kan tot sterftes lei as gevolg van n tekort aan witbloedselle in die immuunstelsel.
Simptome van MIV/VIGS
-
N wit laag oor die tong
-
Seer keel
-
Gereelde infeksies
-
Moegheid
-
Gewigsverlies
-
Diarree
-
Kort van asem
-
Vel uitslag
-
Persoonlikheid veranderinge
-
Koors
-
Nagsweet
-
Kort van asem
Behandeling van VIGS
Daar is nog geen kuur vir VIGS nie alhoewel pasiënte behandel word met antiretrovirale medikasie wat hulle lewe net kan verleng.
Leefstylsiektes sluit in Vetsug, Diabetes, ens.
Leefstylsiektes
Vetsug
Wat is Vetsug?
Dit is wanneer ʼn persoon oorgewig is of te veel vet het, dit kan aanleiding gee tot hartsiektes, hoe bloeddruk en diabetes. Hoe nader ʼn persoon aan vetsug kom hoe groter is die kans vir gesondheid probleme.
Vetsug is meer algemeen in Noord-Amerika waar meer as 65% van die volwasse ouderdomsgroep oorgewig is, en in Kanada 40-60% van volwassenes sukkel met gewig. Vetsug is deur WHO (“World Health Organization as epidemie verklaar.
Simptome van vetsug:
-
Depressie
-
Beroerte
-
Hoe bloeddruk
-
Hoe cholesterol
-
Diabetes
-
Galblaas/ lewer siektes
-
Tipes kanker
Behandeling van vetsug:
-
Gesonde dieet plan
-
Oefening
-
“Gastric bypass surgery”
-
“Laparoscopic band surgery”
-
“Roux-en-y gastric bypass”
-
“Stomach stapling”
Diabetes
Wat is Diabetes?
Dis is wanneer daar te veel glukose in die bloed is, dit word veroorsaak omdat die liggaam te min of met tipe 1 diabetes geen insulien vervaardig nie.
Tipe 1 Diabetes:
Dit is wanneer die liggaam geen insulien vervaardig nie, ʼn geskatte 10% van diabetes gevalle is tipe 1. Pasiënte met tipe 1 diabetes moet hulself elke dag met ʼn insulien inspuiting spuit vir die res van hulle lewe, asook ʼn gesonde dieet plan volg en gereeld bloed toetse laat doen.
Tipe 2 Diabetes:
Die liggaam vervaardig insulien, maar nie genoeg insulien om die suiker of glukose af te breek en te vervoer deur die bloed nie, ʼn geskatte 90% van diabetes gevalle is hierdie tipe diabetes. Mense met tipe 2 diabetes hoef nie elke dag insulien in te neem nie maar gewoonlik met tipe 2 diabetes vorder die diabetes so dat die persoon soms insulien in tablet vorm moet inneem.
Simptome van tipe 1 Diabetes:
-
Gereelde urinering
-
Skielike gewigsverlies
-
Dorsheid
-
Uitermatig honger
-
Moegheid
-
Geïrriteerdheid
-
Slegte asem
-
Naarheid/braking
-
Koma
Simptome by tipe 2 diabetes:
-
Wasige sig
-
Mondsere
-
Jeukerige vel
-
Hartprobleme
-
Oorgewig of gewigsverlies
-
Pyne of ʼn lamheid in bene
en voete
Behandeling van tipe 1 diabetes:
-
Gesonde dieet
-
Oefening
-
Daaglikse insulien inspuitings
-
Daaglikse toets van bloedsuiker vlakke
Behandeling van tipe 2 diabetes:
-
Gesonde dieet
-
Oefening
-
Soms insulien inspuiting
-
Soms insulien tablette
Persoonlike gesondheid sluit in kindermishandeling en gesinsgeweld
Kindermishandeling
Hoekom is dit belangrik vir LO?
Die onderwyser gaan nie altyd weet watter tipe leerders voor haar sit nie en in watter tipe huise hulle grootword nie, daar gaan heel moontlik leerders in die klas wees wat mishandel word of al voorheen mishandel was en as LO onderwyser is dit belangrik om te weet hoe om op te tree in sulke situasies en die kanale te volg om die leerder te kan help.
Daar is meer as een vorm van mishandeling nl. fisiese mishandeling, emosionele mishandeling, verwaarlosing en seksuele mishandeling.
Emosionele mishandeling sluit in
-
Ignorering van die kind as straf
-
Verkleinering van die kind
-
Om vir die kind te se hy/sy is sleg, niks werd of ʼn fout
-
Geen teken van liefde soos drukkies, soentjies of self te se ek is lief vir jou nie.
-
Vernedering van die kind voor ander mense.
Verwaarlosing
Dit is wanneer daar nie kind se basiese behoeftes omgesien word nie soos genoeg kos, klerasie, toesig en higiëne. Kinders wat verwaarloos word wys dit nie sommer vir die wêreld nie en neem soms totaal die rol van ouer in die huis oor afhangend van die ouderdom en persoonlikheid van die kind. Verwaarlosing van ʼn kind los groot emosionele letsels in ʼn kind se lewe omdat daar geen van die kind se emosionele of fisiese behoeftes nagekom word nie.
Fisiese kindermishandeling
Dit is wanneer die kind fisies aangeraak word, hierdie mishandeling is meer algemeen in huishoudings wat met drank of ander middels probleme het, fisiese mishandeling is ook soms on intensioneel soos wanneer ʼn ouer ʼn kind pak gee, die ouer voel hy voed sy kind op maar besef nie altyd dit is dalk ʼn verkeerde metode nie bv. Om die kind met ʼn belt te slaan, of enige ander plek op die kind se liggaam as op die boude.
Waarskuwings tekens van emosionele mishandeling
-
Teruggetrokke
-
Bang
-
Angstig om iets verkeerd te doen
-
Lyk nie geheg aan ouer of voog nie
-
Tree op soos volwasse
-
Tree op soos kind (suig duim)
Waarskuwings tekens van fisiese mishandeling
-
Lyk of die kind altyd wag vir iets om te gebeur
-
Gereelde besering wat nie verduidelik kan word nie
-
Beserings lyk soos ʼn patroon bv. ʼn belt of hand
-
Skrik vir skielike bewegings
-
Wil nie huis toe gaan nie
Waarskuwings tekens van verwaarlosing
-
Klerasie pas nie, is vuil of nie gepas vir die weer nie
-
Slegte higiëne
-
Siektes en sere wat nie behandel word nie
-
Word gereeld alleen gelos
-
Gereeld laat of afwesig by die skool.
Gesinsgeweld
Hoekom is dit belangrik vir LO?
Alhoewel gesinsgeweld meer om die ouers gerig is moet ons daarvan leer omdat die kinders in on klas moontlik aan hierdie probleem blootgestel word.
Gesinsgeweld is wanneer die man die vrou fisies of emosioneel mishandel of selfs die vrou die man fisies of emosioneel mishandel.
Tekens van ʼn gewelddadige verhouding
-
Vrees vir jou man/vrou
-
Vermy sekere kwessies en onderwerpe uit vrees
-
Domineerend
-
Wil beheer neem oor jou lewe
Fisiese mishandeling in verhoudings
Dit is wanneer daar fisies aan die persoon geraak word soos op die ander persoon te skop, byt, stamp, slaan en gooi dit is fisiese mishandeling.
Emosionele mishandeling in verhoudings
Emosionele mishandeling word by verby gekyk omdat dit nie sigbare merke maak nie maar is net so gevaarlik soos fisiese mishandeling, emosionele mishandeling is ʼn stadige proses wat die persoon se selfbeeld afbreuk en ʼn gevoel van minderwaardigheid agterlaat. Emosionele mishandeling is wanneer die persoon met dade of woorde aangeval word bv. vir die persoon te se hulle is ʼn fout en ʼn niks werd niemand is lief vir hulle nie. In gevalle waar emosionele mishandeling plaas vind word daar gewoonlik gedreig met ʼn vorm van fisiese mishandeling.
Middel misbruik (dwelms, drank, steroïede.)
Alkoholmisbruik
Alhoewel die meerderheid mense alkohol gebruik as ʼn opkikker middel id die waarheid eintlik dat drank die brein aanval. Alkoholmisbruik kan lei tot alkoholisme, ʼn staat waarin die persoon verslaaf raak aan drank.
Newe-effekte van alkohol
-
Swak spraak
-
Verminder spier vermoë
-
Verswak koördinasie
-
Lewerversaking
-
nierversaking
Onttrekkingsimptome van alkohol
-
Angs
-
Onreëlmatige harttempo
-
Hallusinasies
Omdat drank jou bewegings en koördinasie verswak is dit baie gevaarlik om te bestuur en is ʼn groot oorsaak van motor ongelukke en sterftes.
Dwelmmisbruik
Dagga is die mees algemeenste dwelm wat misbruik word alhoewel dit in sommige lande wettig is, is dit in die meerderheid lande onwettig. Dagga word gewoonlik gerook maar kan ook geëet word. Dagga se rook bevat meer skadelike stowwe as tabak rook en kan skade aan die longe veroorsaak.
Effekte van dagga
-
Ontspanning
-
Verlies van geheue
-
Verswak koördinasie
Dagga gee aanduiding tot gevaarliker dwelms saam kokaïen, volgens statistieke is dit bewys dat ʼn gemiddelde persoon wat al een keer dagga gerook het is 104 keer makliker geneig om kokaïne te gebruik as iemand wat nog nooit dagga gerook het nie.
Steroïede
Steroïede word meer onder atlete en liggaamsbouers gebruik omdat dit hulle optredes verbeter. Anaboliese steroïede bevat ʼn manlike hormoon testosteroon maar met verskeie sintetiese stowwe ook wat skadelik is as dit vir lank periodes tyd gebruik word.
Newe effekte van steroïede
-
Woede uitbarstings
-
Selfbeeldkwessies
-
Buierigheid
-
Gee aanleiding tot ander dwelms.
Seksuele gesondheid
Seksuele gesondheid sluit in verkragting en molestering
Wat is die verskil?
Verkragting is wanneer ʼn persoon gedwing word om enige vorm van seksuele omgang met ʼn persoon te hê teen haar/sy wil.
Molestering is wanneer daar aan die persoon gevat word deur iemand anders teen haar/sy wil n voorbeeld hiervan ook is wanneer ʼn persoon vir jou se trek uit jou klere en haar/hom dreig indien dit nie gebeur nie. Geen persoon hoef iets teen hulle wil doen nie en kan dus molestering wees, molestering kan lei tot verkragting maar nie in alle gevalle nie.
In die geval van verkragting of molestering in ʼn huis is dit gewoonlik ʼn naby familie lid soos die oom of tannie, iemand wie die persoon lief het, ken en vertrou.
Die Wet:
Verkragting word volgens die Wet op Seksuele Oortredings, 32/2007 (SA, 2007), omskryf as die seksuele penetrasie van die vagina, mond en anus deur die gebruikmaking van enige liggaamsdeel of objek/voorwerp. Die bepaling of seksuele penetrasie wel plaas gevind het, kan slegs gedoen word deur die mediese professie of deur die slagoffer self.
Gesondheid


















































































